Numeri 7:12-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Hy wat op die eerste dag sy offer gebring het, was Nagshon, die seun van `Amminadav, van die stam van Y’hudah.

13. Sy offer was: een silwer bord, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwer kom van sewentig sikkels, volgens die sikkel van die Afgesonderde plek; altwee vol fyn meel met olie gemeng, as graanoffer;

14. een goue pan van tien sikkels, vol reukwerk;

15. een jong bul, een ram, een lam, in sy eerste jaar, as brandoffer;

16. een bokram, as sondoffer

17. en die offers as vredesoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme en vyf lammers in hul eerste jaar. Dit was die offer van Nagshon, die seun van `Amminadav.

18. Op die tweede dag het N’tan’el, die seun van Tzu’ar, die leier van Yissakhar, sy offer aangebied.

19. Vir sy offer het hy geoffer: een silwer bord, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwer kom van sewentig sikkels, volgens die sikkel van die Afgesonderde plek; altwee vol fyn meel met olie gemeng, as graanoffer;

20. een goue pan van tien sikkels, vol reukwerk;

Numeri 7