Numeri 4:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה het met Moshe en Aharon gepraat en gesê:

2. “Tel die koppe van die seuns van K’hat, vanuit die seuns van Levi, volgens hulle families, volgens hulle vaders se huise,

3. van dertig jaar oud en ouer, tot vyftig jaar oud, almal wat in diens tree, om werk by die Tent van Ontmoeting te doen.

4. Dit sal die dienswerk van die seuns van K’hat by die Tent van Ontmoeting wees, aangaande die volkome afgesonderde dinge.

Numeri 4