Numeri 34:4-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Julle grens moet draai van die suidekant van die Steilte van `Akrabbim en aangaan na Tzin toe, eindig suid van Kadesh-Barnea en aan na Hatzar-Addar en aangaan tot by `Atzmon.

5. Die grens sal draai van `Atzmon af na die spruit van Mitzrayim toe en by die see eindig.

6. Wat die westelike grens betref, julle sal die Groot See as grens hê; dit moet julle westelike grens wees.

7. Dit sal julle noordelike grens wees: van die Groot See af moet julle afmerk na die berg toe.

8. Vanaf die berg moet julle afmerk tot by die ingang na Hamat en die grens se verste punt is by Tz’dad.

9. Die grens gaan aan tot by Zifron en eindig by Hatzar-`Einan. Dit sal julle noordelike grens wees.

10. Julle moet jul oostelike grens afmerk van Hatzar-`Einan af na Sh’fam.

11. Die grens sal afloop van Sh’fam na Rivlah, aan die oostekant van `Ayin; die grens sal afloop en raak aan die oostekant van die meer van Kinneret.

12. Die grens moet afloop met die Yarden totdat dit eindig by die Soutsee. Dit moet vir julle die land wees volgens sy grense rondom.’”

13. Moshe het die seuns van Yisra’el beveel en gesê: “Dit is die land wat julle deur die lot sal erf, wat יהוה beveel het om aan die nege stamme en aan die halwe stam te gee,

14. want die stam van die seuns van Re’uven, volgens die huise van hulle vaders, die stam van die seuns van Gad, volgens die huise van hulle vaders en die halwe stam van M’nasheh het reeds hulle erfdeel ontvang.”

15. Die twee stamme en die halwe stam het hulle erfenis oorkant die Yarden teenoor Yerigo, ooswaarts na die sonsopkoms, ontvang.

16. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

Numeri 34