Numeri 31:34-50 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

34. een en sestig duisend esels

35. en twee en dertig duisend mense, vrouens wat nie ’n man geken het deur by hom te lê nie.

36. Die helfte, die deel van hulle wat na die oorlog uitgegaan het, was drie honderd sewe en dertig duisend vyf honderd stuks kleinvee

37. en die eerbetoning aan יהוה uit die kleinvee was ses honderd vyf en sewentig.

38. Die beeste was ses en dertig duisend en die eerbetoning daarvan aan יהוה, twee en sewentig.

39. Die donkies was dertig duisend vyf honderd en die eerbetoning daarvan aan יהוה, een en sestig.

40. Die mense was sestien duisend en die eerbetoning daarvan aan יהוה, twee en dertig mense.

41. Moshe het vir El’azar, die priester, die eerbetoning gegee wat as opligoffer tot יהוה bestem was, soos יהוה Moshe beveel het.

42. Vanuit die helfte vir die seuns van Yisra’el, wat Moshe van die soldate af gedeel het,

43. die helfte wat aan die vergadering behoort het, was uit die kleinvee, drie honderd sewe en dertig duisend vyf honderd,

44. die beeste was ses en dertig duisend,

45. die donkies dertig duisend vyf honderd

46. en mense, sestien duisend.

47. Uit die helfte wat behoort aan die seuns van Yisra’el het Moshe gevat van wat uitgehaal was, een uit elke vyftig, van mense en van diere; hy het dit aan die Leviete gegee wat die dienswerk by die tabernakel van יהוה doen, soos יהוה Moshe beveel het.

48. Die offisiere oor die duisende van die leër, die bevelvoerders oor duisend en die bevelvoerders oor honderd, het nadergekom na Moshe

49. en aan Moshe gesê: “U dienaars het die volle getal van die soldate opgeneem wat onder ons bevel was en daarvan word nie een vermis nie;

50. daarom bring elkeen van ons as offer aan יהוה wat hy aan goue goed gevind het: armkettings, armbande, vingerringe, oorringe en halssierade, om toedekking te doen vir onsself voor die Teenwoordigheid van יהוה.

Numeri 31