Numeri 31:27-41 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

27. en verdeel die buit tussen die wat deel gehad het aan die oorlog, wat uitgegaan het in geveg én die hele vergadering.

28. Hef ’n belasting op vir יהוה van die soldate wat na die oorlog uitgegaan het; een uit elke vyf honderd van die mense, van die beeste, van die donkies en van die kleinvee.

29. Vat dit van hulle helfte en gee dit vir El’azar, die priester, as ’n offer wat opgelig word voor יהוה.

30. Uit die seuns van Yisra’el se helfte moet jy een vat uit elke vyftig; uit die mense, die beeste, die esels, die kleinvee en uit al die diere en jy moet dit aan die Leviete gee wat die dienswerk by die tabernakel van יהוה doen.”

31. Moshe en El’azar, die priester, het gedoen soos יהוה Moshe beveel het.

32. Die buit, wat oorgebly het van die roof wat die soldate gevat het, was ses honderd vyf en sewentig duisend stuks kleinvee,

33. twee en sewentig duisend beeste,

34. een en sestig duisend esels

35. en twee en dertig duisend mense, vrouens wat nie ’n man geken het deur by hom te lê nie.

36. Die helfte, die deel van hulle wat na die oorlog uitgegaan het, was drie honderd sewe en dertig duisend vyf honderd stuks kleinvee

37. en die eerbetoning aan יהוה uit die kleinvee was ses honderd vyf en sewentig.

38. Die beeste was ses en dertig duisend en die eerbetoning daarvan aan יהוה, twee en sewentig.

39. Die donkies was dertig duisend vyf honderd en die eerbetoning daarvan aan יהוה, een en sestig.

40. Die mense was sestien duisend en die eerbetoning daarvan aan יהוה, twee en dertig mense.

41. Moshe het vir El’azar, die priester, die eerbetoning gegee wat as opligoffer tot יהוה bestem was, soos יהוה Moshe beveel het.

Numeri 31