Numeri 3:12-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. “Let op, Ek Self het die Leviete gevat vanuit die seuns van Yisra’el in die plek van al die eersgeborenes wat die baarmoeder, vanuit die seuns van Yisra’el, open; daarom sal die Leviete Myne wees,

13. want al die eersgeborenes is Myne. Op die dag toe Ek al die eersgeborenes in Mitzrayim getref het, het Ek al die eersgeborenes in Yisra’el vir My afgesonder, mense sowel as diere. Hulle is Myne. Ek is יהוה.”

14. יהוה het met Moshe gepraat in die wildernis van Sinai en gesê:

15. “Tel die seuns van Levi volgens hulle vaders se huise, volgens hulle families; almal wat manlik is, van ’n maand oud en ouer, dié moet jy tel.”

16. Moshe het hulle volgens die woord van יהוה getel, soos hy beveel is.

17. Hierdie was die seuns van Levi volgens hulle name: Gershon, K’hat en M’rari.

18. Dit is die name van die seuns van Gershon volgens hulle families: Livni en Shim’i.

19. Die seuns van K’hat volgens hulle families: `Amram, Yitz’har, Hevron en `Uzi’el.

20. Die seuns van M’rari volgens hulle families: Magli en Mushi. Dit is die families van die Leviete volgens hulle vaders se huise.

21. Vanaf Gershon het die familie van die Livni en die familie van die Shim’i gekom. Dit is die families van die Gershoniete.

22. Volgens die getal van almal wat manlik is, van ’n maand oud en ouer, was die wat getel is sewe duisend vyf honderd (7 500).

23. Die families van die Gershoniete moet kamp opslaan agter die tabernakel aan die westekant.

24. Die leier oor die vader van die Gershoniete se huis is Elyasaf, die seun van La’el.

25. Die verantwoordelikheid van die seuns van Gershon by die Tent van Ontmoeting was: die tabernakel en die tent, sy dekkleed en die gordyn vir die ingang van die Tent van Ontmoeting,

26. die gordyne van die voorhof en die gordyn vir die ingang van die voorhof, wat rondom die tabernakel en die altaar is, sy toue en al die instrumente daarvan.

Numeri 3