1. Lev 23 In die sewende maand, op die eerste van die maand, moet daar vir julle ’n afgesonderde byeenkoms wees; julle mag géén werk doen nie; dit moet vir julle ’n dag van die blaas van die ramshoring wees.
2. Julle moet ’n brandoffer as aangename geur vir יהוה offer: een jong bul, een ram en sewe lammers in hul eerste jaar sonder gebrek.
3. Hulle graanoffer is fyn meel met olie gemeng: drie-tiendes van ’n efa vir die bul, twee-tiendes vir die ram