Numeri 25:7-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Toe Pingas, die seun van El’azar, die seun van Aharon, die priester, dit sien, het hy uit die vergadering uit opgestaan en ’n spies in sy hand gevat,

8. agter die man van Yisra’el aan in die tent ingegaan en hulle altwee deurboor, die man van Yisra’el en die vrou, deur die liggaam. So is die plaag onder die seuns van Yisra’el gestop.

9. Die wat in die plaag gesterf het, was vier en twintig duisend (24,000).

Numeri 25