Numeri 24:22-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

22. nogtans sal die Keiniete verteer word. Hoe lank sal Ashur jou gevange hou?”

23. Hy het sy vertelling voortgesit en gesê: “O, wie kan lewe, behalwe as die Magtige God dit bepaal het?

24. Skepe sal egter kom van die kus van Kittim af en hulle sal Ashur en `Ever onderdruk en so sal hulle kom tot vernietiging.”

25. Bil’am het opgestaan en weggegaan, terug na sy plek en Balak het ook op sy pad gegaan.

Numeri 24