Numeri 24:14-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. Nou, let op, ek gaan na my mense toe. Kom, ek sal jou inlig oor wat hierdie volk jou volk sal aandoen in die dae wat kom.”

15. Hy het sy vertelling voortgesit en gesê: “Die Godsopenbarings van Bil’am, die seun van B’or en die Godsopenbaring van die man wie se oog oopgemaak is;

16. die Godsopenbaring van hom wat die boodskappe van die Magtige God hoor, wat die kennis van die Allerhoogste ken en die visioen van die Almagtige sien en wat neerval, maar tog met sy oë onbedek.Yog 5:46

Numeri 24