1. Toe Sanvallat hoor dat ons die muur bou, het hy bedroef en kwaad geword en hy het met die Y’hudahiete gespot
2. en hy het voor sy broers en die leër van Shomron gepraat en gesê: “Wat maak hierdie Y’hudahiete? Hulle praat groot. Laat hulle offer en eet op die dag dat hulle hierdie klippe oplig uit die puinhope wat verbrand is.”
3. Toviyah, die `Ammoniet, het by hom gestaan en gesê: “Maak nie saak hoeveel hulle bou nie, ek weet, as ’n jakkals daarteen opklim, sal hy hulle klipmuur afbreek!”