Nagum 2:4-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. (2:5) Die strydwaens jaag wild in die strate, hulle snel wild voort oor die pleine; hulle voorkoms is soos fakkels, hulle skiet heen en weer soos weerligstrale.

5. (2:6) Hy onthou sy vername manne; hulle struikel in hul mars; hulle hardloop na haar muur en die skerm word opgerig.

6. (2:7) Die poorte van die stede word oopgemaak en die paleis smelt weg.

7. (2:8) Dit is bevestig: sy word gestroop, sy word weggevoer en haar slavinne kla soos die klank van duiwe, slanend op hulle borste.

8. (2:9) Alhoewel Ninveh soos ’n poel water was regdeur haar dae, nou vlug hulle: “Stop, stop,” maar niemand draai terug nie.

9. (2:10) Plunder die silwer! Plunder die goud, want daar is geen einde aan die skatte nie; rykdom van elke soort begeerlike voorwerp!

10. (2:11) Sy is leeg gemaak! Ja, sy is verlate en verwoes! Binnestes smelt en knieë klap, angs is in die hele liggaam en al die gesigte word bleek!

Nagum 2