1. (2:2) Die een wat verwoes, het teen jou opgekom. Beman die vesting, hou die pad dop; versterk jou rug, maak al jou sterkte bymekaar,
2. (2:3) want יהוה sal die lof en eer van Ya’akov herstel soos die lof en eer van Yisra’el, alhoewel verwoesters hulle verwoes en hulle wingerde vernietig het.
3. (2:4) Die skilde van sy magtige manne is rooi, die soldate is aangetrek in skarlaken, die strydwaens is in skitterende staal wanneer hy gereed is en die sipresspiese word geswaai.