Mattityahu 6:8-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Moet dan nie wees soos hulle nie, want julle Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra.

9. Julle moet dan so bid: ‘Ons Vader wat in die hemel is, U Karakter en Outoriteit (Naam) is afgesonderd;

10. laat U Koninkryk kom, laat U wil gedoen word, op die aarde soos in die hemel.

11. Gee ons die brood wat ons vandag nodig het.

12. Vergewe wat ons verkeerd gedoen het, soos ons ook hulle wat teenoor ons verkeerd gedoen het, vergewe

Mattityahu 6