Mattityahu 5:39-46 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

39. maar Ek sê vir julle dat julle nie moet opstaan teen ’n bose oortreder nie, maar as iemand jou op jou regterwang slaan, draai vir hom ook die linkerwang!

40. As iemand jou vir jou hemp wil dagvaar, laat hom die bokleed ook vat

41. en as enige een van jou een myl afdwing, loop twee myl saam met hom.

42. As iemand jou iets vra, gee dit vir hom en moenie weier as hy van jou wil leen nie.

43. Julle het gehoor dat daar vroeër gesê is: ‘Jy moet jou naaste liefhê en jou vyand haat,’

44. maar Ek sê vir julle: ‘Julle moet hulle wat julle haat, liefhê; seën die wat julle vervloek; doen goed aan die wat julle haat en bid oor die wat julle met geweld vat en julle vervolg

45. sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemel is, want Hy laat Sy son skyn oor bose oortreders en oor goeie mense en Hy stuur reën na onskuldiges en skuldiges.

46. Watter beloning ontvang julle as julle net dié liefhet wat vir julle lief is? Selfs die tollenaars doen dit!

Mattityahu 5