1. Toe Hy die skare mense sien, het Yeshua met ’n heuwel opgegaan. Nadat Hy gaan sit het, het Sy studentevolgelinge na Hom toe gekom
2. en Hy het Sy mond oopgemaak en hulle geleer en gesê:1 Kef 3:4 want aan hulle behoort die Koninkryk van die hemel.
3. “Hoe uitermate gelukkig is dié wat arm van gees is,
4. Hoe uitermate gelukkig is dié wat treur, want hulle sal vertroos word.Ps 37:11, 34
5. Hoe uitermate gelukkig is die saggeaardes, want hulle sal die land erf.
6. Hoe uitermate gelukkig is dié wat honger en dors na onpartydige opregtheid, want hulle sal versadig word.
7. Hoe uitermate gelukkig is dié wat liefdevol omgee, want vir hulle sal liefdevol omgegee word.