Mattityahu 4:6-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. en sê vir Hom: “As U die Seun van God is, spring af, want daar is geskrywe: ‘Hy sal Sy engele bevel gee aangaande U. Hulle sal U op hulle hande dra sodat U nie U voete teen die klippe kan stamp nie’.”Deut 6:16

7. Yeshua antwoord hom: “Daar is egter óók geskrywe: ‘Jy mag יהוה, jou God, nie toets nie’.”

8. Weereens neem die teëstander Hom op na die hoë punt van menslike ambisies en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle volle eer, lof en aanbidding

9. en sê vir Hom: “Al hierdie dinge sal ek aan U gee, as U sal neerval en my aanbid.”Deut 6:13; Deut 10:20; Luk 4:8

10. Toe sê Yeshua vir hom: “Gaan weg, jou teëstander, want daar is geskrywe: ‘Aanbid יהוה, jou God en dien Hom alleen’.”

11. Daarna het die teëstander Hom alleen gelaat en let op, engele het nadergekom en Hom bedien.

12. Toe Yeshua gehoor het dat Yoganan gearresteer is, het Hy na die Galil gegaan

13. en Hy het Natzeret verlaat en gaan bly in K’far-Nagum aan die see, naby die grens tussen Z’vulun en Naftali

14. sodat vervul sou word wat Yesha’yahu, die profeet, gesê het:

15. “Die land Z’vulun en die land Naftali, in die rigting van die see, oorkant die Yarden, Galil van die ander nasies,Yes 9:1-2 oor hulle wat in die omgewing van die skadu van die dood leef, vir hulle het ’n Lig opgegaan.”

16. die volk wat in duisternis leef, het ’n groot Lig gesien;

17. Van daardie tyd af aan het Yeshua begin om te verklaar: “Draai weg van julle sondes af na God toe, want die Koninkryk van die hemele is naby!”

Mattityahu 4