Mattityahu 4:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe is Yeshua, deur die Gees, na die wildernis gelei om getoets te word deur die teëstander.

2. Nadat Yeshua vir veertig dae en nagte gevas het, was Hy honger

3. en die versoeker het nadergekom en vir Hom gesê: “As U die Seun van God is, beveel dan hierdie klippe om brood te word.”Deut 8:3; `Am 8:11; Yeg 6:48-; Yog 7:37

4. Hy antwoord egter: “Daar is geskrywe: ‘’n Mens leef nie van brood alleen nie, maar van elke Woord wat uit die mond van God kom’.”

Mattityahu 4