Mattityahu 28:9-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Let op, Yeshua ontmoet hulle en sê: “Vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid!” Hulle het gekom en Sy voete vasgehou en Hom aanbid.

10. Toe sê Yeshua vir hulle: “Moenie bang wees nie. Gaan en vertel vir My broers dat hulle na die Galil moet gaan en daar sal hulle My sien.”

11. Terwyl hulle op pad was, het sommiges van die wag in die stad ingegaan en aan die leierpriesters alles vertel wat gebeur het

12. en hulle het voldoende geld gevat en dit vir die soldate gegee en saam met die oudstes bymekaargekom en vergadering gehou

13. en vir hulle gesê: “Julle moet sê: ‘Sy studentevolgelinge het in die nag gekom en Hom gesteel terwyl ons aan die slaap was’

14. en as dit aan die goewerneur rapporteer word, sal ons hom tevrede stel, julle moenie bekommerd wees nie.”

15. Hulle het die geld gevat en gedoen soos hulle beveel is en hierdie storie is versprei onder die Jode, tot vandag toe.

16. Die elf studentevolgelinge het na die Galil gegaan, na die berg waar Yeshua met hulle afgespreek het

17. en toe hulle Hom sien, het hulle neergeval voor Hom in aanbidding, maar sommige het getwyfel.

Mattityahu 28