Mattityahu 26:72-75 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

72. Met ’n eed ontken hy dit weer: “Ek ken die Man nie.”

73. ’n Rukkie later kom dié wat daar staan en sê vir Kefa: “Waarlik, jy is ook éen van hulle, want ook deur jou uitspraak is dit duidelik.”

74. Toe begin hy vloek en sweer: “Ek ken die Man nie.” Dadelik het die haan gekraai

75. en Kefa het die woord van Yeshua onthou wat Hy vir hom gesê het: “Voordat die haan kraai, sal jy My drie maal ontken” en hy het buitentoe gegaan en bitterlik gehuil.

Mattityahu 26