66. Wat dink julle?” Hulle antwoord en sê: “Hy verdien die dood.”
67. Toe het hulle in Sy gesig gespoeg en Hom teen die kop geslaan en ander het Hom geklap
68. en gesê: “Profeteer vir ons, Gesalfde Een! Wie is dit wat U slaan?”
69. Kefa het buite in die binnehof gesit en ’n slavin het na hom toe gekom en gesê: “Jy was ook saam met Yeshua, die Een vanaf die Galil,”
70. maar hy het dit voor almal ontken en gesê: “Ek weet nie waarvan jy praat nie.”
71. Terwyl hy uitgaan na die stoep toe, sien ’n ander slavin hom en sê aan dié wat daar was: “Hierdie een was ook by Yeshua, van Natzeret.”
72. Met ’n eed ontken hy dit weer: “Ek ken die Man nie.”
73. ’n Rukkie later kom dié wat daar staan en sê vir Kefa: “Waarlik, jy is ook éen van hulle, want ook deur jou uitspraak is dit duidelik.”
74. Toe begin hy vloek en sweer: “Ek ken die Man nie.” Dadelik het die haan gekraai
75. en Kefa het die woord van Yeshua onthou wat Hy vir hom gesê het: “Voordat die haan kraai, sal jy My drie maal ontken” en hy het buitentoe gegaan en bitterlik gehuil.