Mattityahu 26:65-72 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

65. Toe skeur die hoofpriester sy kleed en sê: “Let op, Hy praat kwaad teen God! Waarom het ons nog getuies nodig? Julle het Sy kwaadpraat teen God gehoor!

66. Wat dink julle?” Hulle antwoord en sê: “Hy verdien die dood.”

67. Toe het hulle in Sy gesig gespoeg en Hom teen die kop geslaan en ander het Hom geklap

68. en gesê: “Profeteer vir ons, Gesalfde Een! Wie is dit wat U slaan?”

69. Kefa het buite in die binnehof gesit en ’n slavin het na hom toe gekom en gesê: “Jy was ook saam met Yeshua, die Een vanaf die Galil,”

70. maar hy het dit voor almal ontken en gesê: “Ek weet nie waarvan jy praat nie.”

71. Terwyl hy uitgaan na die stoep toe, sien ’n ander slavin hom en sê aan dié wat daar was: “Hierdie een was ook by Yeshua, van Natzeret.”

72. Met ’n eed ontken hy dit weer: “Ek ken die Man nie.”

Mattityahu 26