Mattityahu 26:64-72 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

64. Yeshua antwoord hom: “U het dit gesê, maar Ek sê vir julle: ‘Van nou af aan, sal julle die Seun van die mens sien sit aan die regterhand van Krag en ook sien kom op die wolke van die hemel’.”

65. Toe skeur die hoofpriester sy kleed en sê: “Let op, Hy praat kwaad teen God! Waarom het ons nog getuies nodig? Julle het Sy kwaadpraat teen God gehoor!

66. Wat dink julle?” Hulle antwoord en sê: “Hy verdien die dood.”

67. Toe het hulle in Sy gesig gespoeg en Hom teen die kop geslaan en ander het Hom geklap

68. en gesê: “Profeteer vir ons, Gesalfde Een! Wie is dit wat U slaan?”

69. Kefa het buite in die binnehof gesit en ’n slavin het na hom toe gekom en gesê: “Jy was ook saam met Yeshua, die Een vanaf die Galil,”

70. maar hy het dit voor almal ontken en gesê: “Ek weet nie waarvan jy praat nie.”

71. Terwyl hy uitgaan na die stoep toe, sien ’n ander slavin hom en sê aan dié wat daar was: “Hierdie een was ook by Yeshua, van Natzeret.”

72. Met ’n eed ontken hy dit weer: “Ek ken die Man nie.”

Mattityahu 26