Mattityahu 26:55-57 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

55. In dieselfde tyd het Yeshua vir die mense gesê: “Het julle soos teen ’n dief uitgekom met swaarde en stokke om My te vang? Daagliks het Ek langs julle gesit en leer in die tempel en julle het My nie gevang nie,”

56. maar dit het alles gebeur sodat die Skrifte van die profete vervul sou word. Toe het al die studentevolgelinge van Hom af weggegaan en gevlug

57. en die wat Yeshua gevange geneem het, het Hom weggevat na Kayafa, die hoofpriester, waar die leraars van die wet en die oudstes bymekaar was.

Mattityahu 26