5. Hulle het gesê: “Nie tydens die fees nie sodat daar nie ’n oproer onder die mense ontstaan nie.”
6. Toe Yeshua in Beit-Anyah, in die huis van Shim’on, die pottebakker was,
7. kom ’n vrou na Hom toe met ’n fles geparfumeerde olie wat baie duur is en gooi dit op sy kop uit terwyl Hy aan die tafel skuinsgelê het,
8. maar toe Sy studentevolgelinge dit sien, was hulle ontsteld en sê: “Hoekom dit mors,
9. want dit kon vir baie verkoop en die geld dan aan die armes gegee word?”
10. Yeshua het dit geweet en sê vir hulle: “Waarom val julle die vrou lastig omdat sy ’n pragtige daad vir My gedoen het?
11. Die bedelaars het julle altyd by julle, maar nie altyd vir My nie,
12. want toe sy hierdie aromatiese olie op My liggaam uitgegooi het, het sy dit gedoen asof vir My begrafnis.
13. Dit is waar, Ek sê vir julle, oral in die hele wêreld, waar hierdie goeie boodskap van My verkondig sal word, sal ook gepraat word van wat sy gedoen het, tot ’n herinnering aan haar.”
14. Toe gaan een van die twaalf, genoem Y’hudah van K’riot, na die leierpriestersZ’kh 11:12, 13
15. en sê vir hulle: “Wat is julle gewillig om my te gee en ek sal Hom aan julle oorlewer?” Hulle het hom dertig silwerstukke belowe
16. en van toe af het hy ’n geleentheid gesoek om Hom oor te lewer.
17. Toe die eerste dag van onthouding van suurdeeg aanbreek, kom die studentevolgelinge na Yeshua en sê vir Hom: “Waar wil U hê moet ons vir U voorberei om die Pesag te eet?”
18. Hy antwoord: “Gaan na die stad, na ’n sekere persoon en sê vir hom: ‘Die Leermeester laat weet: My tyd is naby, Ek sal saam met My studentevolgelinge by jou die Pesag hou’.”
19. Die studentevolgelinge het gedoen net soos Yeshua hulle beveel het en hulle het die Pesagmaal voorberei.
20. Toe dit aand geword het, het Hy saam met die twaalf studentevolgelinge skuinsgelê by die tafel