Mattityahu 26:37-40 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

37. Hy vat Kefa en die twee seuns van Zavdai saam en begin bedroef en benoud word.

38. Hy sê vir hulle: “My verstand, wil en emosie is diep bedroef tot die dood toe; bly hier en waak saam met My.”

39. Hy het ’n entjie onttrek en op Sy gesig geval en gebid en gesê: “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan; nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil.”

40. Hy gaan na die studentevolgelinge en vind hulle aan die slaap en Hy sê vir Kefa: “Kon julle nie een uur saam met My waak nie?

Mattityahu 26