Mattityahu 26:19-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. Die studentevolgelinge het gedoen net soos Yeshua hulle beveel het en hulle het die Pesagmaal voorberei.

20. Toe dit aand geword het, het Hy saam met die twaalf studentevolgelinge skuinsgelê by die tafel

21. en terwyl hulle eet, sê Hy: “Dit is waar, Ek sê vir julle, een van julle sal My oorlewer.”

22. Toe word hulle baie bedroef en elkeen van hulle begin vir Hom vra: “Is dit miskien ek, my Meester?”

23. Hy antwoord en sê: “Hy wat sy hand saam met My in die bak in doop, dit is hy wat My sal verraai.

24. Die Seun van die mens gaan weg soos daar van Hom geskrywe is, maar wee daardie man deur wie die Seun van die mens oorgelewer word! Dit sou vir daardie man goed gewees het as hy nie gebore is nie.”

Mattityahu 26