Mattityahu 26:14-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. Toe gaan een van die twaalf, genoem Y’hudah van K’riot, na die leierpriestersZ’kh 11:12, 13

15. en sê vir hulle: “Wat is julle gewillig om my te gee en ek sal Hom aan julle oorlewer?” Hulle het hom dertig silwerstukke belowe

16. en van toe af het hy ’n geleentheid gesoek om Hom oor te lewer.

17. Toe die eerste dag van onthouding van suurdeeg aanbreek, kom die studentevolgelinge na Yeshua en sê vir Hom: “Waar wil U hê moet ons vir U voorberei om die Pesag te eet?”

18. Hy antwoord: “Gaan na die stad, na ’n sekere persoon en sê vir hom: ‘Die Leermeester laat weet: My tyd is naby, Ek sal saam met My studentevolgelinge by jou die Pesag hou’.”

19. Die studentevolgelinge het gedoen net soos Yeshua hulle beveel het en hulle het die Pesagmaal voorberei.

20. Toe dit aand geword het, het Hy saam met die twaalf studentevolgelinge skuinsgelê by die tafel

21. en terwyl hulle eet, sê Hy: “Dit is waar, Ek sê vir julle, een van julle sal My oorlewer.”

22. Toe word hulle baie bedroef en elkeen van hulle begin vir Hom vra: “Is dit miskien ek, my Meester?”

23. Hy antwoord en sê: “Hy wat sy hand saam met My in die bak in doop, dit is hy wat My sal verraai.

Mattityahu 26