37. Dan sal die onskuldiges Hom antwoord en sê: ‘Ons Meester, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors en te drinke gegee
38. en wanneer het ons gesien dat U ’n vreemdeling is en U ontvang; of kaal en U aangetrek
39. en wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?’
40. Die Koning sal antwoord en vir hulle sê: ‘Dit is waar, Ek sê vir julle, in die mate waarin julle dit gedoen het vir een van die onbelangrikste van hierdie broers van My, het julle dit vir My gedoen.’
41. Dan sal Hy ook vir dié aan Sy linkerhand sê: ‘Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur in wat voorberei is vir die teëstander en sy engele,
42. want Ek het honger gehad en julle het My nie te ete gegee nie; Ek het dors gehad en julle het My nie te drinke gegee nie;
43. Ek was ’n vreemdeling en julle het My nie ontvang nie; kaal en julle het My nie aangetrek nie; siek en in die tronk en julle het nie vir my gesorg nie.’
44. Dan sal hulle Hom ook antwoord en sê: ‘Ons Meester, wanneer het ons U honger gesien of dors of ’n vreemdeling of kaal of siek of in die tronk en U nie bedien nie?’
45. Dan sal Hy hulle antwoord en vir hulle sê: ‘Dit is waar, Ek sê vir julle, in die mate waarin julle dit nie gedoen het vir een van hierdie onbelangrikes nie, het julle dit ook nie vir My gedoen nie’1 Kor 15:23-28; Open 20:4-15
46. en hulle sal weggaan in die ewige marteling in, maar die onskuldiges in die ewige lewe in.”