Mattityahu 24:6-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Julle sal hoor van oorloë en van verslae van oorloë. Onderskei, moenie bang word nie, want dit is nodig vir al daardie dinge om te gebeur, maar dit is nog nie heeltemal die einde nie,

7. want nasie sal teen nasie opstaan en koninkryk teen koninkryk en daar sal hongersnode wees en plae en aardbewings op verskillende plekke,

8. maar al hierdie dinge is die begin van smarte.

9. Dan sal hulle julle oorgee om te ly en julle doodmaak en julle sal onder al die nasies gehaat word ter wille van My Outoriteit en Karakter

10. en dan sal baie omgekeer word en hulle sal mekaar verraai en mekaar haat.

11. Baie vals profete sal opstaan en baie mense misleiDeut 8:11

12. en deur die oorvloed van wetsoortreding, sal die liefde van baie afkoel,

13. maar wie vasstaan tot die einde toe, hy sal die lewe hê.

14. Hierdie goeie boodskap van die Koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot getuienis vir al die nasies en dan sal die einde kom.Dan 9:27;11:31 sien staan in die plek wat afgesonder is, moet die leser verstaan,

15. Wanneer julle dan die teken van die verwerplikheid van afgodery, waarvan gepraat is deur die profeet Dani’el,

16. dan moet dié wat in Y’hudah is, vlug na die berge;

17. wie op die dak is, moenie afkom om iets uit sy huis weg te vat nie

18. en wie in die veld is, moenie terugdraai om sy klere te vat nie.

19. Wee die vroue wat swanger is en die wat nog borsvoed in daardie dae,

20. maar bid dat julle ontvlugting nie in die winter of op die Shabbat sal wees nie,Yo’ 2:2; Dan 12:1

21. want daar sal dan groot lyding wees soos daar van die begin van die aarde af tot nou toe nie was nie en ook nie sal wees nie.

22. As daardie dae nie verkort sou word nie, sou geen liggaam gered word nie, maar ter wille van die wat gekies is, sal daardie dae verkort word.

23. Wanneer iemand dán vir julle sê: ‘Let op, hier is Die Gesalfde Een!’ of, ‘Daar!’ moet dit nie glo nie,

Mattityahu 24