35. Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar My boodskappe sal nie verbygaan nie,
36. maar wat betref daardie dag en die uur weet niemand nie, selfs nie die boodskappers van die hemel nie, maar slegs die Vader alleen,
37. maar net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees,
38. want net so was hulle voor die vloed; hulle het geëet en gedrink, vroue en mans gevat, tot op die dag dat Noag in die ark ingegaan het
39. en nie verstaan het voordat die vloed gekom en almal weggevat het nie. Net so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.
40. Dan sal daar twee in die veld wees; die een sal weggelei word en die een sal gelos word.
41. Twee vroue sal in die meulhuis maal; die een sal weggelei word en die een sal gelos word.
42. Word dan wakker omdat julle nie weet watter uur julle Meester kom nie,
43. maar weet dit: as die huiseienaar geweet het watter tyd die dief sou kom, sou hy wakker gewees het en nie toegelaat het dat in sy huis ingebreek word nie;
44. daarom moet julle ook gereed wees, want die Seun van die mens kom daardie uur wat julle dit nie verwag het nie.
45. Wie is dan die getroue en wyse slaaf vir wie sy meester oor sy huishouding aangestel het om hulle hul kos op die regte tyd te gee?
46. Geseënd is daardie slaaf vir wie sy meester, as hy kom, só besig sal vind.
47. Dit is waar, Ek sê vir julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel,