Mattityahu 24:15-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. Wanneer julle dan die teken van die verwerplikheid van afgodery, waarvan gepraat is deur die profeet Dani’el,

16. dan moet dié wat in Y’hudah is, vlug na die berge;

17. wie op die dak is, moenie afkom om iets uit sy huis weg te vat nie

18. en wie in die veld is, moenie terugdraai om sy klere te vat nie.

19. Wee die vroue wat swanger is en die wat nog borsvoed in daardie dae,

20. maar bid dat julle ontvlugting nie in die winter of op die Shabbat sal wees nie,Yo’ 2:2; Dan 12:1

21. want daar sal dan groot lyding wees soos daar van die begin van die aarde af tot nou toe nie was nie en ook nie sal wees nie.

22. As daardie dae nie verkort sou word nie, sou geen liggaam gered word nie, maar ter wille van die wat gekies is, sal daardie dae verkort word.

23. Wanneer iemand dán vir julle sê: ‘Let op, hier is Die Gesalfde Een!’ of, ‘Daar!’ moet dit nie glo nie,

24. want daar sal vals gesalfdes en profete van leuens opstaan en hulle sal groot tekens gee om, as dit moontlik was, ook die wat gekies is te mislei.

25. Let op, Ek sê dit vir julle vooruit.

26. As hulle dan vir julle sê: ‘Kyk, Hy is in die wildernis,’ moenie gaan nie; of let op, ‘Hy is in ’n geheime kamer;’ moet dit nie glo nie,

Mattityahu 24