Mattityahu 23:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het Yeshua met die mense en met Sy studentevolgelinge gepraat

2. en vir hulle gesê: “Die leraars van die wet en die Fariseërs het gaan sit op die stoel van Moshe;

3. daarom moet julle alles wat hulle vir julle sê om te onderhou, onderhou en doen, maar moenie doen soos hulle doen nie, want hulle praat en doen nie,

4. want hulle bind swaar laste en sit dit op die skouers van die mense, maar hulle is nie gewillig om hulle vinger te verroer en daaraan te raak nie,

Mattityahu 23