Mattityahu 22:40-45 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

40. Aan hierdie twee opdragte hang die hele Wet en die Profete.”

41. Yeshua vra vir die Fariseërs, wat bymekaargekom het,

42. en sê: “Wat sê julle van Die Gesalfde Een? Wie se seun is Hy?” Hulle antwoord Hom: “Die Seun van Dawid.”

43. Hy sê vir hulle: “Hoe is dit dan dat Dawid Hom in die Gees, ‘Meester’ noem, as hy sê:Ps 110:1

44. ‘Meester-יהוה het vir my Meester gesê: sit aan My regterhand totdat Ek U vyande onder U voete plaas?’

45. As Dawid Hom dan ‘die Meester’ noem, hoe is Hy dan sy seun?”

Mattityahu 22