Mattityahu 18:10-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Pas op dat julle nie een van hierdie kleintjies verag nie, want Ek sê vir julle dat hulle engele in die hemel altyd die Teenwoordigheid van My Vader, wat in die hemel is, sien,

11. want die Seun van die mens het gekom om te red, wie ook al verlore is.

12. Wat dink julle? As iemand ’n honderd skape het en een van hulle dwaal weg, sal hy nie die nege en negentig laat staan en op die heuwels die weggedwaalde een gaan soek nie?

13. Waarlik, Ek sê vir julle dat as hy hom kry, hy blyer is oor hom as oor die nege en negentig wat nie weggedwaal het nie.

14. Net so is dit nie die begeerte van julle Vader, wat in die hemel is, dat een van hierdie kleintjies verlore sal gaan nie,

Mattityahu 18