Mattityahu 15:36-39 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

36. Hy vat die sewe brode en die visse, gee lof, breek dit en gee dit aan Sy studentevolgelinge en die studentevolgelinge gee dit aan die skare2 Kon 4:43,44; Mat 14:14-21; Mar 8:1-8

37. en hulle het almal geëet en was versadig. Hulle het die oortollige stukke opgetel en sewe mandjies vol gemaak

38. en die wat geëet het, was vier duisend mans, sonder die vroue en kinders.

39. Hy het die mense weggestuur, in die skuit geklim en in die gebied van Migdala gekom.

Mattityahu 15