Mattityahu 14:6-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Tydens Herodes se verjaarsdag by die huis het die dogter van Herodias tussen die gaste gedans en Herodes plesier.

7. As gevolg hiervan het hy met ’n eed beloof om vir haar enige iets te gee wat sy sou vra.

8. Omdat sy deur haar moeder beveel is, het sy gesê: “Gee my hier, op ’n bord, die kop van Yoganan, die Doper.”

9. Dit het die koning hartseer gemaak, maar ter wille van die eed en die gaste het hy bevel gegee dat dit vir haar gegee moes word

Mattityahu 14