Mattityahu 13:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Daardie selfde dag het Yeshua uit die huis uitgegaan en langs die see gaan sit

2. en ’n groot groep mense het by Hom bymekaargekom sodat Hy in ’n boot geklim en gaan sit het en die hele skare mense het op die strand gestaan.

3. Hy het baie dinge deur vergelykende stories aan hulle vertel en gesê: “Let op, ’n saaier het uitgegaan om te saai

4. en terwyl hy saai, val sommiges langs die pad en ’n voël het gekom en dit opgeëet.

5. Ander het op die rots geval waar daar nie baie grond was nie en dit het dadelik opgekom omdat daar nie diep grond was nie.

6. Toe die son opkom en dit warm word, het die saad verdroog omdat dit nie wortels gehad het nie.

7. Ander het tussen die dorings geval en die dorings het opgekom en dit verstik.

8. Ander het in die goeie grond geval en vrugte gegee: die een honderd-, die ander sestig-, die ander dertigvoudig.

9. Wie ook al ’n oor het wat hoor: laat hom luister!”

10. Die studentevolgelinge het gekom en vir Hom gesê: “Waarom praat U met hulle deur vergelykende stories?”Spr 3:32

Mattityahu 13