10. Daar was ’n persoon met ’n verdroogde hand en hulle het Hom gevra sodat hulle Hom kon aankla en gesê: “Is dit toelaatbaar om op die Shabbat gesond te maak?”
11. Hy sê vir hulle: “Wie is daar onder julle wat een skaap het en as dit op die Shabbat in ’n gat val, dit nie sal gryp en dit uithaal nie?Lev 23:3
12. Hoeveel meer werd is ’n mens dan nie as ’n skaap nie; daarom is dit toelaatbaar om op die Shabbat goed te doen.”
13. Toe sê Hy vir daardie man: “Steek jou hand uit!” Hy het dit uitgesteek en dit is genees, net soos die ander een.
14. Die Fariseërs het uitgegaan en vergader teen Hom, om Hom te vernietig,
15. maar Yeshua het dit geweet en Hy het daarvandaan onttrek en ’n groot klomp mense het saam met Hom gegaan en Hy het hulle almal gesond gemaak
16. en hulle gewaarsku om Hom nie bekend te maak nie
17. sodat dit wat Yesha’yahu die profeet gesê het, vervul sou word toe hy gesê het:
18. “Let op, My Dienskneg in Wie Ek vreugde vind, die Een wat Ek liefhet, waarna My Gees verlang het! Ek sal My Gees op Hom sit en Hy sal oordeel aan die nasies verkondig.
19. Hy sal nie stry of uitroep nie en niemand sal Sy stem op die strate hoor nie.