Markos 7:26-37 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

26. Sy was egter ’n nie-Joodse vrou, gebore in Siro-Fenisië en sy het Hom gesmeek om die demoon uit haar dogter uit te dryf.

27. Yeshua sê vir haar: “Laat eers die kinders versadig word, want dit is nie reg om die kinders se brood weg te vat en dit vir die honde te gooi nie.”

28. Sy antwoord en sê vir Hom: “Ja, my Meester, selfs die honde eet onder die tafel van die kinders se krummels.”

29. Yeshua sê vir haar: “Gaan, as gevolg van hierdie woord het die demoon uit jou dogter uitgegaan.”

30. Sy het huis toe gegaan, haar dogter het op die bed gelê en die demoon was uit haar uitgedryf.

31. Yeshua het weer uit die gebied van Tzor en Tzidon vertrek en by die see van Galila gekom, by die gebied van die tien stede.

32. Hulle bring ’n sekere doofstomme na Hom toe en smeek Hom om hom die hande op te lê

33. en Hy vat hom alleen eenkant toe, weg van die menigte mense af en steek Sy vingers in sy ore en spoeg en raak sy tong aan

34. en Hy kyk op na die hemel, sug en sê vir hom: “Wees oop!”

35. Dadelik het sy gehoor oopgegaan en die band van sy tong af losgebreek en hy het duidelik gepraat.

36. Hy het hulle gewaarsku om dit aan niemand te sê nie, maar hoe meer Hy hulle waarsku, hoe meer het hulle dit verkondig.

37. Hulle was uitermate verbaas en het gesê: “Alles wat Hy doen is goed: Hy laat die dowes hoor en die stommes praat.

Markos 7