Markos 7:13-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. Julle onteer die boodskap van God ter wille van die tradisies wat julle begin het en julle doen baie soortgelyke dinge.”

14. Yeshua het na die hele menigte mense geroep en vir hulle gesê: “Luister almal na My en verstaan:

15. daar is niks wat van buite af in die mens ingaan wat die vermoë het om hom onrein te maak nie, maar dit wat uit hom uitgaan, dít is wat die mens onrein maak.

Markos 7