Markos 15:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dadelik in die oggend, het die leierpriesters vergadering gehou saam met die oudstes, die leraars van die wet en die hele Raad. Hulle het Yeshua vasgebind, Hom gebring en aan Pilatos oorgelewer.Mat 27:11; Luk 22:70; Luk 23:3

2. Pilatos het aan Hom gevra: “Is U die Koning van die Jode?” Hy het geantwoord en vir hom gesê: “U het dit gesê.”

3. Die leierpriesters het Hom van baie dinge beskuldig.

4. Pilatos het Hom weer gevra en gesê: “Gee U nie ’n antwoord nie? Kyk hoe baie teen U getuig.”Yes 53:7

5. Yeshua het egter geen antwoord gegee nie sodat Pilatos gewonder het.

6. Hy het ’n tyd daargestel op elke fees om vir hulle een gevangene, die een waarvoor hulle gevra het, los te laat.

7. Daar was een genaamd Bar-Abba, wat saam met mede-oproermakers gevang is; hulle wat in die opstand ’n moord gepleeg het.

8. Die skare het uitgeroep en begin vra dat hy vir hulle sou doen soos altyd.

9. Pilatos antwoord en sê: “Wil julle hê dat ek vir julle die Koning van die Jode moet vrylaat?”

10. Want Pilatos het geweet dat die leierpriesters Hom uit afguns oorgelewer het,

11. maar die leierpriesters het die skare al hoe meer aangehits dat hy eerder Bar-Abba vir hulle moes vrylaat.

Markos 15