53. Hulle het Yeshua na Kayafa, die hoofpriester, gebring en al die leierpriesters en die oudstes en die leraars van die wet by hom bymekaargebring,
54. maar Shim’on het Hom op ’n afstand gevolg tot binne-in die voorhof van die hoof-priester en het saam met die diensknegte gaan sit en hom by die vuur warm gemaak.
55. Die leierpriesters en almal wat vergader het, het getuienis teen Yeshua gesoek om Hom dood te maak en hulle het niks gekry nie
56. terwyl baie teen Hom getuig het, was hulle getuienisse nie aanvaarbaar nie.
57. Mense het teen Hom opgestaan en leuens teen Hom getuig en gesê:
58. “Ons het Hom hoor sê: ‘Ek sal hierdie tempel wat met hande gemaak is, afbreek en in drie dae ’n ander een bou wat nie met hande gemaak is nie’”
59. en selfs hieroor was hulle getuienis nie aanvaarbaar nie.
60. Die hoofpriester het opgestaan tussen hulle en vir Yeshua gevra en gesê: “Antwoord U nie een van die wat getuienis teen U bring nie?”Eks 3:14
61. Hy was egter stil en het niks geantwoord nie. Weer vra die hoofpriester vir Hom en sê: “Is U Die Gesalfde Een, die Seun van Die Geseënde Een (Bar-HaM’vorakh)?”Lev 5:1 “ אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees en julle sal die Seun van die mens aan die regterhand van Die Krag (HaG’vurah) sien sitPs 110:1 en kom met die wolke vanaf die hemel.”Dan 7:13
62. Yeshua sê vir hom:Eks 28:32; Eks 39:23
63. Die hoofpriester skeur sy klere in twee en sê: “Hoekom het ons nog getuienis nodig!
64. Let op, uit Sy mond het julle die godslastering gehoor; hoe lyk dit vir julle?” Almal van hulle het geoordeel dat Hy die doodsvonnis verdien
65. en sommige het begin om Hom in die gesig te spoeg en sy gesig toe te maak en Hom te slaan en vir Hom te sê: “Profeteer!” en die soldate het Hom op Sy ken geslaan.
66. Terwyl Kefa onder in die binneplaas was, kom daar ’n sekere slavin van die hoofpriester
67. en sy sien vir Kefa, besig om hom warm te maak en kyk stip na hom en sê: “Jy was ook by die Natzerener, Yeshua,”
68. maar hy het dit ontken en gesê: “Ek weet nie wat jy sê nie” en hy het na buite, na die stoep, gegaan en die haan het gekraai.
69. Daardie slavin het hom weer gesien en begin om aan die wat daar staan, te sê dat hy een van hulle is,
70. maar hy het dit weer ontken en ’n bietjie later sê die wat daar staan weer vir Kefa: “Waarlik, jy behoort by hulle, want jy is ook van die Galil en jou spraak is dieselfde.”
71. Toe begin hy vloek en sweer: “Ek ken nie daardie man, van wie julle praat nie”
72. en op daardie oomblik kraai die haan vir die tweede keer en Shim’on het die woord onthou wat Yeshua vir hom gesê het: “Voor die haan twee maal gekraai het, sal jy drie maal ontken dat jy My ken” en hy het begin huil.