Markos 14:4-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. maar daar was sommige van Sy studentevolgelinge wat by hulleself ontevrede was en gesê het: “Hoekom is die geparfumeerde olie gemors,

5. want dit kon moontlik vir meer as drie honderd denarii verkoop en die geld aan die armes gegee word?” Hulle was verontwaardig teenoor haar.

6. Yeshua sê egter: “Los haar uit. Waarom gee julle haar moeilikheid? Sy het ’n mooi daad vir My gedoen,

7. want julle het altyd die armes by julle en wanneer julle so sou kies, kan julle aan hulle goed doen, maar Ek is nie altyd by julle nie.

8. Dit wat vir haar moontlik was, het sy gedoen. Sy het vooruit My liggaam vir die begrafnis gesalf.

9. Dit is waar, Ek sê vir julle, oral waar hierdie goeie boodskap van My oor die hele wêreld verkondig word, daar sal ook gepraat word van wat sy gedoen het, tot ’n nagedagtenis aan haar.”

10. Y’hudah van K’riot, een van die twaalf, het na die leierpriesters gegaan met die doel om Hom aan hulle oor te lewer.

11. Toe hulle dit hoor, was hulle bly en het belowe om hom geld te gee en hy het na ’n geleentheid gesoek om Hom oor te lewer.

12. Op die eerste dag van die verwydering van suurdeeg, waarop die Jode gewoonlik die Pesaglam geslag het, sê Sy studentevolgelinge vir Hom: “Waar wil U hê moet ons vir U gaan voorberei dat U die Pesag kan eet?”

13. Hy stuur twee van Sy studentevolgelinge en sê vir hulle: “Gaan na die stad toe en let op, ’n man wat ’n kruik water dra, sal julle ontmoet. Gaan agter hom aan

Markos 14