Markos 12:32-34 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

32. Die leraar van die wet sê vir Hom: “Uitstekend, Leermeester, U het met waarheid gesê dat God Een is en dat daar geen ander is behalwe Hy nie

33. en om Hom lief te hê vanuit die hele verstand, wil en emosie, vanuit die hele gees, vanuit al die begrip en verbeelding en vanuit al die kragte en om die naaste lief te hê soos jouself, is belangriker as enige brandoffers en offerandes.”

34. Toe Yeshua sien dat hy wyslik geantwoord het, sê Hy vir hom: “Jy is nie ver van die Koninkryk van God nie” en niemand het verder gewaag om aan Hom vrae te stel nie.

Markos 12