21. In daardie uur het Hy baie mense genees van siektes, plae, bose geeste en aan baie blindes hulle sig gegee.Yes 26:19; Yes 35:5-6; Yes 61:1 hulle wat blind was, sien; hulle wat lam was, loop; hulle wat melaats was, word gereinig; hulle wat doof was, hoor; hulle wat dood was, staan op; aan hulle wat arm is, word die goeie boodskap verkondig
22. Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Gaan vertel aan Yoganan alles wat julle gesien en gehoor het:
23. en geseënd is hy wat nie oor My aanstoot neem nie.”
24. Nadat die boodskappers van Yoganan weggegaan het, begin Hy om vir die mense aangaande Yoganan te sê: “Wat het julle uitgegaan om in die wildernis te sien? ’n Riet wat deur die wind geskud word?
25. Wat het julle egter uitgegaan om te sien? ’n Man aangetrek in sagte klere? Let op, die wat eerbare klere het en in luuksheid leef, is in die huis van ’n koning.
26. Andersins, wat het julle uitgegaan om te sien? ’n Profeet? Ja, Ek sê vir julle, nog baie meer as ’n profeet!Mal 3:1
27. Dit is hy van wie daar geskrywe is: ‘Let op, Ek stuur My boodskapper voor U Teenwoordigheid uit, wat U pad voor U voorberei.’
28. Ek sê vir julle, onder die wat uit vroue gebore is, is daar geen profeet groter as Yoganan, die Doper, nie, maar die kleinste in die Koninkryk van God is groter as hy.”
29. Al die mense wat dit gehoor het, asook die belastinggaarders, het deurdat hulle hulle laat doop het met die doop van Yoganan, dit as reg verklaar,
30. maar die Fariseërs en die leraars van die wet het God se wil verwerp in hulle verstand, wil en emosie, want hulle is nie deur hom gedoop nie.
31. “Waarmee sal Ek daarom die mense van hierdie geslag vergelyk en soos wie is hulle?”
32. Hulle is net soos seuns wat in die strate sit en na hulle vriende roep en sê: ‘Ons het vir julle gesing en julle het nie gedans nie; ons het vir julle geskreeu en julle het nie gehuil nie,’
33. want Yoganan, die Doper, het gekom en het nie brood geëet of wyn gedrink nie en julle sê: ‘Hy het ’n demoon.’
34. Die Seun van die mens het gekom en Hy eet en drink en julle sê: ‘Let op, dié Mens is ’n vraat en ’n wynsuiper, ’n vriend van belastinggaarders en sondaars.’