Luka 5:18-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. Manne het ’n verlamde man op ’n draagbaar gebring en hulle het ’n plek gesoek om hom in te bring en voor Hom neer te sit

19. en toe hulle nie ’n pad kon vind om hom in te bring nie, as gevolg van die menigte mense, klim hulle op die dak en laat hom met die bed, deur die teëls, tussen hulle in, voor Yeshua afsak.

20. Toe Yeshua hulle vertroue sien, sê Hy vir die verlamde man: “Man, jou sondes is vir jou vergewe.”

Luka 5