Luka 4:34-43 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

34. en gesê: “Los ons uit! Wat het Jy met ons te doen, Yeshua van Natzeret? Het jy gekom om ons uit te wis? Ek weet Wie Jy is: die Afgesonderde Een van God!”

35. Yeshua het dit bestraf en gesê: “Hou jou mond toe en gaan uit hom uit!” Die demoon het hom tussen hulle neergegooi en uit hom uitgegaan sonder om hom seer te maak.

36. ’n Verbaasdheid kom oor almal en hulle praat onder mekaar en sê: “Watter woord is dit: dat Hy met outoriteit en mag die vuil geeste beveel en hulle gaan uit!”

37. Daar het ’n verslag aangaande Hom uitgegaan na die ganse omliggende gebied.

38. Toe Hy uit die bymekaarkomplek uitgegaan het, het Hy in Shim’on se huis gekom. Shim’on se skoonmoeder het ’n baie hoë koors gehad en hulle het Hom gevra vir haar onthalwe

39. en Hy het oor haar gaan staan en die koors bestraf. Dit het haar verlaat en sy het onmiddellik opgestaan en hulle bedien.

40. Toe die son ondergaan, het almal hulle siekes, wat met allerhande siektes siek was, na Hom toe gebring. Hy het op almal van hulle die hand gelê en hulle gesond gemaak

41. en demone het ook uit baie uitgegaan en geskree en gesê: “Jy is Die Gesalfde Een, die Seun van God!” Hy het hulle bestraf en hulle nie toegelaat om te sê dat hulle geweet het dat Hy Die Gesalfde Een is nie.

42. Met die breking van die dag het Hy uitgegaan en na ’n eensame plek vertrek en die mense het Hom gesoek en by Hom gekom en wou Hom teëhou sodat Hy nie vanuit hulle midde sou weggaan nie,

43. maar Yeshua het vir hulle gesê: “Dit is op My gelê om ook aan die ander stede die goeie boodskap van die Koninkryk van God te bring, want dit is waarom Ek gestuur is.”

Luka 4