Luka 4:3-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. Die teëstander sê vir Hom: “As Jy die Seun van God is, sê vir hierdie klip om brood te word.”Deut 8:3

4. Yeshua antwoord en sê vir hom: “Dit is geskrywe dat die mens nie van brood alleen sal lewe nie, maar van elke verklaring van God.”

5. Die teëstander vat Hom op teen ’n hoë berg (hoë punt van menslike ambisie) en wys Hom al die koninkryke van die wêreld in ’n oogwink

6. en die teëstander sê vir Hom: “Ek sal vir Jou al hierdie outoriteit en eer, lof en aanbidding gee, want dit is aan my oorgegee en ek gee dit aan wie ek wil.

7. As Jy voor my neerval in aanbidding, sal alles Joune wees.”Deut 6:13-14; Deut 10:20; Mat 4:10

8. Yeshua antwoord en sê vir hom: “Daar is geskrywe: ‘Jy moet יהוה, jou God, aanbid en Hom alleen dien’.”

9. Hy bring Hom na Yerushalayim en laat Hom staan op die hoogste punt van die tempel en sê vir Hom: “As Jy die Seun van God is, gooi Jouself hiervandaan af,

10. want daar is geskrywe: ‘Hy sal Sy engele bevel gee aangaande U om U te beskerm;Ps 91:11-12

11. hulle sal U op die hande dra sodat U nie U voet teen ’n klip stamp nie’.”Deut 6:16

Luka 4