1. Tydens die vyftiende jaar van die regering van keiser Tiberius; toe Pontios Pilatos goewerneur was van Y’hudah, Herodes (heerser oor ’n kwart van die land) van die Galil en Filippos, sy broer, (heerser oor ’n kwart van die land) van Ituraia en die streek Tragonitus en Lisanias (heerser oor ’n kwart van die land) van Abilene,
2. toe Hanan en Kayafa leierpriesters was, was die woord van God op Yoganan, die seun van Z’kharyah, in die wildernis
3. en hy het gekom na die hele gebied rondom die Yarden en die doop van berou, belydenis en laat staan tot vergifnis van sondes verkondig,Yes 40:3; Mal 3:1; Mat 3:3; Mar 1:3
4. soos geskrywe is in die boek van die woorde van Yesha’yahu, die profeet, waar hy sê: “Die stem wat uitroep: ‘Berei die pad van יהוה in die wildernis en maak ’n pad vir ons God reguit op die vlakte.
5. Elke vallei moet opgevul en elke berg en hoë plek gelyk gemaak word, die rowwe plekke sal glad wees en die moeilike plekke, ’n vlakteYes 40:3-5
6. en almal sal die Lewe van God sien’.”
7. Hy sê vir die skares mense wat uitgegaan het om deur hom gedoop te word: “Addergeslag! Wie het julle gewaarsku om te vlug van die wraak wat kom?
8. Dra daarom vrugte wat by die berou en belydenis pas en moenie begin om by julleself te sê: ‘Avraham is ons vader’ nie, want ek sê vir julle dat God die vermoë het om uit hierdie klippe kinders vir Avraham te laat opstaan.